Die Bengaalse Krieketraad (Engels: Bangladesh Cricket Board, afgekort “BCB”; Bengaals: বাংলাদেশ ক্রিকেট বোর্ড), voorheen bekend as die Bengaalse Krieketbeheerraad (Bangladesh Cricket Control Board, “BCCB”), is die bestuursliggaam wat krieket in Bangladesj beheer. Die beheerliggaam is in 1972 gestig en by die Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka gesetel. Sedert 2000 verteenwoordig dit Bangladesj by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n volle lid en sedert 1983 ook by die Asiatiese Krieketraad (Asian Cricket Council, ACC).